Met Wat die hart van vol is – getuienis as spontane lewe, help Deon Loots die leser om die heerlike en bevrydende ontdekking te maak oor waaroor dit eintlik gaan om ‘n getuie van Jesus Christus te wees. Dit gaan nie om ‘n aangeleerde metodiek nie; ook nie oor ‘n reseppie vir persoonlike gesprekke nie; dit beteken juis nie dat jy iemand moet met die Woord moet konfronteer nie; en dis allermins ‘n sware verpligting wat op jou gelê word. Getuienis is ‘n vreugdevolle reaksie op ‘n ontmoeting met die lewende Here, dit vloei spontaan uit ‘n oorvol hart. Deon Loots vertel die pragtige Bybel-verhale van mense wat Jesus ontmoet het, en hoe hulle Hom daarna gevolg en oor Hom getuig het. Hulle kon nie anders nie! Hy beskryf ook die spontane getuienisse van hedendaagse mense wat Jesus ontmoet en volgelinge en getuies van Hom geword het. Hierdie getuienisse spreek van vreugde en nuwe lewe; dit nooi die leser uit om daarvan deel te word. Die boek is baie toeganklik en helder geskryf; dis ‘n boek wat jy moeilik sal kan neersit as jy eers begin lees het.
Ander boeke deur Deon Loots:
In die spore van die Herder
Die stem van die Herder
Geniet God
Information
R195,00
2 in stock