Die stem van die Herder

Out of stock
ISBN: 9781868045310
SKU: VAF144 Categories: , Tag:

Take a look inside

Deon Loots is die Retraite leier en Geestelike begeleier van die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap. Hy is ’n deurleefde kenner van dissipelskap en spiritualiteit, en in sy eerste boek, Geniet God (2022), skryf Loots oor ons roeping om dissipels te wees. Die stem van die Herder kan gesien word as ‘n opvolgboek. Die boek fokus op nog ‘n aspek van dissipelskap: om na God se stem te luister. Vir Loots is dit die “lewensaar” van ‘n dissipel. Om God se stem te hoor klink eenvoudig, maar dit is die oorsaak van groot onsekerheid by baie gelowiges. In Die Stem van die Herder skryf Loots oor hoe ons God se stem kan herken in die geraas van die alledaagse lewe. Om die stem van die Herder te hoor vra oefening en ‘n proses van onderskeiding. Om God se stem hoor en te leer ken kan jou geloof verdiep, verryk, vernuwe en verander. Loots gee nie net praktiese riglyne daarvoor nie, hy deel ook insigte wat hy by ander kenners en groot denkers soos Dallas Willard, Eugene Peterson, Henri Nouwen en Thomas Keating geleer het. Temas soos stilword, gebed, Bybelstudie, geestelike bewuswording, getuienis en ander geloofspraktyke word bespreek en verduidelik. Die boek lees maklik. Dit is prakties en omvattend. Dit vat ou insigte op nuwe maniere saam, en sal die leser boei van begin tot einde.

 

Ander boeke deur Deon Loots:
In die spore van die Herder
Wat die Hart van vol is
Geniet God

Information

R294.00

Out of stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Deon Loots
Deon Loots is op Upington gebore, maar het in die Bo-Karoo grootgeword. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy van 1977 tot 1984 BA, BTh en MTh. Daarna is hy Jeugleraar in Reformed Church in Zambia tot 1991. Hy dien as leraar van die NG Kerk Somerstrand vanaf 1992 tot 2014, aanvanklik as studenteleraar, maar ook as gemeenteleraar. Hy fokus veral op dissipelskap en sedert 2014 is hy Retraite leier en Geestelike begeleier by die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap.

Pages

148

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 8,8

Weight

230g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop