Deon Loots, die geestelike begeleier en retraiteleier by Shama Retraitesentrum in Steytlerville, is bekend vir sy boeke en kursusse oor dissipelskap. Net soos in sy vorige boeke delf Loots dieper in die wese van dissipelskap in sy nuutste boek, In die spore van die Herder. In hierdie boek fokus Loots spesifiek op die voorbeeld wat Jesus gestel het – Jesus wat eintlik die volmaakte voorbeeld was van hoe ’n dissipel se lewe moet lyk. In 40 hoofstukke neem Loots ons op reis deur Jesus se lewe op aarde. Hy volg die chronologie van die Johannesevangelie en fokus op Jesus se dade, besluite, wondertekens, preke, sy verhoudings met sy dissipels, asook sy kritiek teen die skrifgeleerdes, Fariseërs en leierpriesters. Loots se eie spiritualiteit – wat gekenmerk word deur stilte, eenvoud en kontemplatiewe praktyke – skyn deur op elke bladsy van die boek. In die spore van die Herder is ’n waardevolle toevoeging tot enige leser se biblioteek wat verlang na ’n dieper begrip van Jesus se lewe en sy roeping tot dissipelskap.
Ander boeke deur Deon Loots:
Die stem van die Herder
Wat die Hart van vol is
Geniet God
Information
R360,00
61 in stock