Geniet God!
Take a look inside
Deon Loots se boek Geniet God! Gesels saam oor dissipelskap handel oor ‘n kernaspek van dit waartoe Christus ons elkeen roep: om navolgers van Hom te wees, dissipels. Ons behoort in hierdie dae veel meer oor hierdie sentrale element van Christen-wees te gesels. In ons kerke word dissipelskap dikwels sommer net geïgnoreer, asof al wat saak maak eintlik net ons kerklidmaatskap, ons voorspoed of geloofsekerheid oor ons hemelse bestemming is. Wanneer dissipelskap wel beklemtoon word, word dit meermale as ‘n soort plig voorgehou, ‘n stel eise waaraan ons moet voldoen. Om ‘n dissipel te wees verg dus ‘n soort geloofsprestasie waarvoor ons beloon sal word, dink ons. In hierdie boek word daar egter vanuit ‘n verrassende nuwe hoek oor dissipelskap nagedink. Soos die titel aandui, is die klem op die genot daarvan om in verhouding met die Here te lewe, die vreugde en verwondering van ‘n lewe in oorgawe aan die God van genade. Deon Loots wy die afgelope dekades al sy hele bediening aan nadenke oor en begeleiding in dissipelskap. Sy boek oor dissipelskap is dus deurdag, Bybels begrond, en veral ook eg deurleef. Dit is uitstekend geskryf; die leser, elke gelowige, sal diep daardeur geraak … en verander word.
Information
R294.00
Out of stock



