Wat die HART van vol is

Out of stock
ISBN: 9781868045334
SKU: VAF145 Categories: , Tag:

Take a look inside

Met Wat die hart van vol is – getuienis as spontane lewe, help Deon Loots die leser om die heerlike en bevrydende ontdekking te maak oor waaroor dit eintlik gaan om ‘n getuie van Jesus Christus te wees. Dit gaan nie om ‘n aangeleerde metodiek nie; ook nie oor ‘n reseppie vir persoonlike gesprekke nie; dit beteken juis nie dat jy iemand moet met die Woord moet konfronteer nie; en dis allermins ‘n sware verpligting wat op jou gelê word. Getuienis is ‘n vreugdevolle reaksie op ‘n ontmoeting met die lewende Here, dit vloei spontaan uit ‘n oorvol hart. Deon Loots vertel die pragtige Bybel-verhale van mense wat Jesus ontmoet het, en hoe hulle Hom daarna gevolg en oor Hom getuig het. Hulle kon nie anders nie! Hy beskryf ook die spontane getuienisse van hedendaagse mense wat Jesus ontmoet en volgelinge en getuies van Hom geword het. Hierdie getuienisse spreek van vreugde en nuwe lewe; dit nooi die leser uit om daarvan deel te word. Die boek is baie toeganklik en helder geskryf; dis ‘n boek wat jy moeilik sal kan neersit as jy eers begin lees het.

 

Ander boeke deur Deon Loots:
In die spore van die Herder
Die stem van die Herder
Geniet God

Information

R205.00

Out of stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Deon Loots
Deon Loots is op Upington gebore, maar het in die Bo-Karoo grootgeword. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy van 1977 tot 1984 BA, BTh en MTh. Daarna is hy Jeugleraar in Reformed Church in Zambia tot 1991. Hy dien as leraar van die NG Kerk Somerstrand vanaf 1992 tot 2014, aanvanklik as studenteleraar, maar ook as gemeenteleraar. Hy fokus veral op dissipelskap en sedert 2014 is hy Retraite leier en Geestelike begeleier by die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap.

Pages

117

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 7,3

Weight

190g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop