Vertel, vertel! Ons begin (Boek 1)

ISBN: 9781868042692
SKU: VER1A Categories: , Tag:

Ons begin is die eerste van vyf boeke in die reeks Vertel, Vertel!  Dit vertel die Bybelse verhale vanaf die skepping tot die Israeliete se trek na die beloofde land.  Dit gaan in die boek oor God wat homself aan ons openbaar, met ons ’n verbond sluit en met ons op weg gaan – om uiteindelik die hele wêreld te bereik.

Dit is geskryf met die oog op geloofsvorming by groepe kinders van 8 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel. Dit kan netso aan kinders voorgelees word. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Die verhaal self word toegelaat om die boodskap oor te dra en tot gesprek en nadenke te lei. Kinders word by die verhaal ingetrek. Dit sluit nou aan by die “oral learning” beweging waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word.

Information

Available in Afrikaans, English, Sotho, Tswana, Xhosa, Zulu and Chewa.

R50,00

7 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop