Om iemand wat sterwend is te ondersteun

FREE

Available in Afrikaans and English.

Description

In ons kits-samelewing, met die klem op sukses en die onmiddellike bevrediging van ons behoeftes, sukkel ons met die wete dat ons lewe tydelik en broos is, dat ons beslis eendag sal sterf. Die dood is iets wat ons liewer uit ons gedagtes probeer skuif. Dit is iets vir die dag “wanneer ons of ons geliefdes – eendag in die verre toekoms – oud is”. Feit is egter, ons almal sal sterf. Met die ontwikkeling van die mediese wetenskap sterf al hoe meer mense vandag aan siektes wat ʼn langer tydperk van voorbereiding op die dood bied. Hoe ondersteun of begelei ons mense in hierdie tyd van terminale siekte?

SKU: AFR211 Categories: , Tag: