In die spore van die herder

Out of stock
ISBN: 9781868045495
SKU: VAF153 Categories: , Tag:

Take a look inside

Deon Loots, die geestelike begeleier en retraiteleier by Shama Retraitesentrum in Steytlerville, is bekend vir sy boeke en kursusse oor dissipelskap. Net soos in sy vorige boeke delf Loots dieper in die wese van dissipelskap in sy nuutste boek, In die spore van die Herder. In hierdie boek fokus Loots spesifiek op die voorbeeld wat Jesus gestel het – Jesus wat eintlik die volmaakte voorbeeld was van hoe ’n dissipel se lewe moet lyk. In 40 hoofstukke neem Loots ons op reis deur Jesus se lewe op aarde. Hy volg die chronologie van die Johannesevangelie en fokus op Jesus se dade, besluite, wondertekens, preke, sy verhoudings met sy dissipels, asook sy kritiek teen die skrifgeleerdes, Fariseërs en leierpriesters. Loots se eie spiritualiteit – wat gekenmerk word deur stilte, eenvoud en kontemplatiewe praktyke – skyn deur op elke bladsy van die boek. In die spore van die Herder is ’n waardevolle toevoeging tot enige leser se biblioteek wat verlang na ’n dieper begrip van Jesus se lewe en sy roeping tot dissipelskap.

Information

R360.00

Out of stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Deon Loots
Deon Loots is op Upington gebore, maar het in die Bo-Karoo grootgeword. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy van 1977 tot 1984 BA, BTh en MTh. Daarna is hy Jeugleraar in Reformed Church in Zambia tot 1991. Hy dien as leraar van die NG Kerk Somerstrand vanaf 1992 tot 2014, aanvanklik as studenteleraar, maar ook as gemeenteleraar. Hy fokus veral op dissipelskap en sedert 2014 is hy Retraite leier en Geestelike begeleier by die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap.

Pages

284

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 15

Weight

415gm
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop