Woestynwysheid

ISBN: 9781868045563
SKU: VAF155 Categories: , Tag:

Take a look inside

In Woestynwysheid neem Ronell Bezuidenhout lesers op ’n reis deur die woestyn, waar die woestynvaders en -moeders, sowel as ander mistici, as gespreksgenote dien. Sy deel insigte wat sy by askete soos Antonius die Grote, Benediktus, Julian van Norwich, Sinkletika en Thomas Merton opgedoen het. Deur hierdie geselskap ondersoek sy die waarde van eenvoud, stilte, afsondering, stroping, en die vind van rus te midde van ’n haastige en besige wêreld. Ronell put uit haar eie ervaring as leraar, pastorale terapeut en retraiteleier, en nooi lesers uit om op ’n diepgaande en uitdagende manier terug te keer na die kern van hul geloof. Die boek bevat haar persoonlike joernaalinskrywings waarin sy haar gedagtes en worsteling deel, sowel as geloofsgewoontes wat op praktiese maniere in die alledaagse lewe toegepas kan word.

Information

R320,00

36 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Ronell Bezuidenhout
Ronell Bezuidenhout is ’n deurleefde teoloog en ervare skrywer. Sy is tans die Pastor van die Suidkaapse Evangelies-Lutherse Gemeente, nadat sy drie dekades as predikant in die NG Kerk gedien het. In 2018 het sy haar in Groot Brakrivier gevestig, waar ‘n nuwe fase van haar lewe aangebreek het: ‘n bediening deur middel van sosiale media. Daagliks lees bykans 40 000 lesers oor verskeie landsgrense en kontinente haar meditasies. Die diepgaande bestudering van ikonografie (die visuele vertolking van die Woord) en die grondige ondersoek van kerkgeskiedenis, spesifiek die “Woestynperiode”, dien as groot inspirasies vir Ronell se werk. Dit bevorder die kernwaardes van deernis en medemenslikheid in haar skryfwerk.  

Pages

282

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 10

Weight

270g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop