Ons glo en leef, die vyfde en laaste boek in die Vertel, vertel!-reeks, handel oor sentrale geloofswaarhede in die hele Skrifverhaal. Wat glo ons? Hoe leef ons hierdie geloof prakties uit? Hoe help die hele Bybelverhaal ons om gelukkige kinders van die Here te wees? Die boek is in ʼn sin die integrering en samevatting van die eerste vier boeke, net op ʼn effens dieper vlak. Dit is daarom ook as afsluiting van die reeks bedoel, vir die effens ouer kinders (12-16 jaar).
Vertel, Vertel! is geskryf met die oog op geloofsvorming by kinders van 8 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier Skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel. Dit kan net so aan kinders voorgelees word. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Die verhaal self word toegelaat om die boodskap oor te dra en tot gesprek en nadenke te lei. Kinders word by die verhaal betrek. Dit sluit nou aan by die “Oral Learning” beweging waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word. Dit kan sonder veel moeite in verskillende kontekste toegepas word. Dit is maklik en eenvoudig geskryf. Dit word aanbeveel vir Sondagskool, jeugbediening en geloofsonderrig in gesinne.
R50,00
157 in stock