Vertel, vertel! God se Seun word mens – Werkboek 3

ISBN: 9781868043668
SKU: WB3AFR Categories: , Tag:

Die werkboek is die samevatting van die aktiwiteitsgedeeltes vir kinders wat Vertel, vertel!   Boek 3, God se Seun word mens volg.

CLF se reeks vir geloofsvorming by kinders, Vertel, vertel!, lê sterk klem op die vertel en oorvertel van Bybelse verhale. Die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan word herontdek en toegepas. Luister, verbeel, vertel en geniet vorm die basis van hierdie reeks van vyf boeke. Susan Goosen, bekende skrywer, opvoedkundige en ma van drie het die verhale op ʼn briljante manier geskryf: die verhaal self dra die boodskap oor en lei tot gesprek en nadenke. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Kinders word op hierdie manier by die verhaal ingetrek. Die metodiek sluit nou aan by die mondelingse leerbeweging, waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word. Dit is geskryf met die oog op geloofsvorming by groepe kinders van 8 tot 16 jaar. Die reeks boeke bevat elk ’n inleidende gedeelte wat die benadering en metode van aanbieding duidelik beskryf – hier is niks ingewikkelds aan die manier waarop gewerk word nie! Dit bied ook verdere hulpmiddels vir die toepassing van die lesse. Daar is 30 lesse in elke boek, wat dit ideaal maak vir gebruik vir Sondagskool en jeugbediening, maak.

Information

Available in Afrikaans and English.

R25,00

55 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop