Trauma: Help jou kind om dit te verwerk
Kinders word dikwels blootgestel aan trauma soos byvoorbeeld die verlies van ʼn ouer, ʼn ander kind of ʼn familielid. Hulle mag ook maatjies van dieselfde ouderdom verloor. Wanneer kinders deur trauma geraak word is volwassenes geneig om dit te ignoreer, of die impak daarvan op die lewe van die kind te onderskat. Daar word dikwels (foutiewelik) aanvaar dat kinders te jonk is om te verstaan wat aangaan of emosies daaroor te ervaar. Navorsing toon egter dat kinders dieselfde roureaksie as volwassenes beleef, maar dikwels nie weet hoe om dit te hanteer nie. Hierdie publiksie verskaf inligting oor hoe jy jou getraumatiseerde kind kan help op die pad na genesing en heelword.
Information
Free
2037 in stock



