Ouers: ‘n Kind se belangrikste onderwyser
Ouers is die sleutelrolspelers in ʼn kind se lewe as hul eerste en mees invloedryke onderwysers. Die ouer-kind verhouding lê die grondslag vir ʼn kind se groei, ontwikkeling, en leer. Hierdie pamflet ondersoek waarom ouers as ʼn kind se belangrikste onderwysers beskou word, fokus op die belangrike rol wat hulle in vroeë kinderontwikkeling speel, en gee riglyne vir hoe kerke ouers kan ondersteun.
Hierdie pamfletreeks is ontwikkel in samewerking met Little Seeds, ‘n inisiatief van Badisa. Dit fokus op verskeie belangrike onderwerpe wat verband hou met Vroeëkindontwikkeling (VKO) en is geskryf deur professionele persone wat met VKO-inisiatiewe werk. Die reeks poog om versorgers, ouers, grootouers, predikante, jeugwerkers, maatskaplike werkers, en ander wat betrokke is by kinderopvang en -onderwys, toe te rus. Hierdie pamflette erken ook die belangrike rol wat kerke in gemeenskappe speel en is daarop gemik om hulle te informeer en toe te rus.
Information
Ook in Engels beskikbaar
Free
Out of stock



