Hierdie pamflet lig die leser in oor die werklikheid en verskeie vorme van kindermishandeling binne die Suid-Afrikaanse konteks. Dit verskaf praktiese wenke oor hoe VKO-inisiatiewe kan help om hierdie kwessie te bekamp, tesame met praktiese riglyne vir kerke.
Hierdie pamfletreeks is ontwikkel in samewerking met Little Seeds, ‘n inisiatief van Badisa. Dit fokus op verskeie belangrike onderwerpe wat verband hou met Vroeëkindontwikkeling (VKO) en is geskryf deur professionele persone wat met VKO-inisiatiewe werk. Die reeks poog om versorgers, ouers, grootouers, predikante, jeugwerkers, maatskaplike werkers, en ander wat betrokke is by kinderopvang en -onderwys, toe te rus. Hierdie pamflette erken ook die belangrike rol wat kerke in gemeenskappe speel en is daarop gemik om hulle te informeer en toe te rus.
Information
Ook in Engels beskikbaar
Free