Boublokke van Vroeëkindontwikkeling
Hierdie pamflet skets die vyf boustene van VKO, naamlik: liefde, sekuriteit, stimulasie, voeding en gesondheid. Dit gee ook praktiese voorbeelde van hoe hierdie blokke geïmplementeer kan en moet word vir die ontwikkeling van kinders.
Hierdie pamfletreeks is ontwikkel in samewerking met Little Seeds, ‘n inisiatief van Badisa. Dit fokus op verskeie belangrike onderwerpe wat verband hou met Vroeëkindontwikkeling (VKO) en is geskryf deur professionele persone wat met VKO-inisiatiewe werk. Die reeks poog om versorgers, ouers, grootouers, predikante, jeugwerkers, maatskaplike werkers, en ander wat betrokke is by kinderopvang en -onderwys, toe te rus. Hierdie pamflette erken ook die belangrike rol wat kerke in gemeenskappe speel en is daarop gemik om hulle te informeer en toe te rus.
Information
Ook in Engels beskikbaar
Free
935 in stock



