Al Psalmend

ISBN: 9781067256159
SKU: VAF163 Categories: , Tag:

Take a look inside

Ontdek die Geheim van ‘n Welgeluksalige Lewe

Die Psalms is die hartklop van die Bybel – ’n tapisserie van menslike emosie, vol trane en lag, wanhoop en hoop, vrees en geloof. In Al Psalmend – 65 Meditasies uit Die Bybel se Gebedeboek neem Ronell Bezuidenhout die leser op ’n 65-dae-reis deur hierdie kragtige Bybelboek en wys hoe mens die hart van God en sy goedertierenheid kan raak sien.

Al Psalmend nooi die leser nie net uit om die Psalms te lees nie, maar ook om hulle te beleef; om oor elke psalm na te dink en hul eie gevoelens eerlik na God se hart te bring – van vreugde en woede tot hartseer en hoop. Mens ontdek hoe ware geluk (“welgeluksalig”) nie ’n kortstondige gevoel is nie, maar ’n lewenspad geanker in God se oneindige goedertierenheid.

Hierdie boek leer hoe vertroue en standvastigheid in moeilike tye opgebou word, hoe vergifnis en genesing nuwe lewe bring, en hoe lof nie net ’n innerlike daad is nie, maar ’n getuienis wat ander na God se teenwoordigheid trek.

Al Psalmend is jou metgesel op ’n pelgrimsreis – ’n gids om hoop, liefde, eenheid en volharding te vind, en om die “heuning van die lewe” in God se teenwoordigheid te proe.

Ronell Bezuidenhout woon in Groot-Brakrivier en is die pastor van die Suidkaapse Evangelies-Lutherse Gemeente. Ronell se belangstelling in ikonografie en die woestynvaders vorm ’n ryk agtergrond vir haar insiggewende meditasies. Deur haar groot aanlynbediening bereik sy daagliks meer as 40 000 mense, wat haar unieke stem en ervaring in hierdie boek besonder relevant en lewendig maak.

Information

R280,00

81 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Ronell Bezuidenhout
Ronell Bezuidenhout is ’n deurleefde teoloog en ervare skrywer. Sy is tans die Pastor van die Suidkaapse Evangelies-Lutherse Gemeente, nadat sy drie dekades as predikant in die NG Kerk gedien het. In 2018 het sy haar in Groot Brakrivier gevestig, waar ‘n nuwe fase van haar lewe aangebreek het: ‘n bediening deur middel van sosiale media. Daagliks lees bykans 40 000 lesers oor verskeie landsgrense en kontinente haar meditasies. Die diepgaande bestudering van ikonografie (die visuele vertolking van die Woord) en die grondige ondersoek van kerkgeskiedenis, spesifiek die "Woestynperiode", dien as groot inspirasies vir Ronell se werk. Dit bevorder die kernwaardes van deernis en medemenslikheid in haar skryfwerk.Boek: Van Ashoop tot Hoop – ‘n 40 dae reis na Hoop Boek: Woestynwysheid - Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense

Pages

140

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 8.4

Weight

220g
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop