Al Psalmend
Take a look inside
Ontdek die Geheim van ‘n Welgeluksalige Lewe
Die Psalms is die hartklop van die Bybel – ’n tapisserie van menslike emosie, vol trane en lag, wanhoop en hoop, vrees en geloof. In Al Psalmend – 65 Meditasies uit Die Bybel se Gebedeboek neem Ronell Bezuidenhout die leser op ’n 65-dae-reis deur hierdie kragtige Bybelboek en wys hoe mens die hart van God en sy goedertierenheid kan raak sien.
Al Psalmend nooi die leser nie net uit om die Psalms te lees nie, maar ook om hulle te beleef; om oor elke psalm na te dink en hul eie gevoelens eerlik na God se hart te bring – van vreugde en woede tot hartseer en hoop. Mens ontdek hoe ware geluk (“welgeluksalig”) nie ’n kortstondige gevoel is nie, maar ’n lewenspad geanker in God se oneindige goedertierenheid.
Hierdie boek leer hoe vertroue en standvastigheid in moeilike tye opgebou word, hoe vergifnis en genesing nuwe lewe bring, en hoe lof nie net ’n innerlike daad is nie, maar ’n getuienis wat ander na God se teenwoordigheid trek.
Al Psalmend is jou metgesel op ’n pelgrimsreis – ’n gids om hoop, liefde, eenheid en volharding te vind, en om die “heuning van die lewe” in God se teenwoordigheid te proe.
Ronell Bezuidenhout woon in Groot-Brakrivier en is die pastor van die Suidkaapse Evangelies-Lutherse Gemeente. Ronell se belangstelling in ikonografie en die woestynvaders vorm ’n ryk agtergrond vir haar insiggewende meditasies. Deur haar groot aanlynbediening bereik sy daagliks meer as 40 000 mense, wat haar unieke stem en ervaring in hierdie boek besonder relevant en lewendig maak.
Information
R280,00
81 in stock


