Waar staan ons nou?

Met die terugneem van die motor, ry Amanda kilometers agter ‘n dubbel reënboog aan. “Hoe spesiaal is dit,” dink sy… terwyl die ruitveërs swiep-swiep oor die nat voorruit…  Is die einde van die fisiese reis vir die skryf van die boek ‘n voorsmaak van die begin van die einde van die droogte, met sagte deurdringende reën wat die aarde laaf? ‘n Paar dae later val harde reën en sneeu oor groot dele van die land, maar steeds is daar plekke waar daar nie ‘n druppel val nie …

‘n Groot dankie, weer eens aan Mosselbaai Nissan vir die X-Trail waarmee Anoeschka kon ry en die stories te gaan haal oor die lengte en breedte van die land. Bykans 14 000 km in vier maande het sy gereis en mense ontmoet, vriende gemaak en die werklike uitwerking van droogte op boere gesien.

Nou skryf sy – en herleef weer die reis van voor af. En binnekort kan almal hierdie mense verhale lees wanneer die boek verskyn.

Luister hier na haar terugblik oor die reis en waarmee sy nou besig is.

Share this post