Stop! Kies! Doen!

STOP
alles wat jou kan BREEK!

  • steel by mense
  • steel by besighede
  • aanrand of boelie
  • bier of wyn misbruik
  • mense se liggame betas of seermaak

Kies REG
en bly WEG van wat SLEG is!

  • Slegte gedagtes
  • Slegte dade
  • Slegte woorde
  • Slegte plekke

Slegte gedagtes:

  • Geld en goed maak mense gelukkig.
  • Wat ek nie kan kry nie, moet ek vat.
  • Dis my reg om te maak soos ek wil!

Jy wil mos graag die Regte ding doen?

Jy wil SUKSES behaal!
Jy wil hoor: MOOI SO!

Jy kan Reg kies

Kies die LEWE!

Wie die Seun het,
het die LEWE.
(Joh 5:12)

Kinders van God is altyd gelukkig, al kry hulle swaar. Lees dit in Psalm 34:6

Jy kan nou KIES om die ding te doen.

As iemand weet wat die REGTE ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde. (Jak 4:17)

STOP
as jy op ’n slegte pad is

KIES
om die REGTE ding te doen

DOEN
die regte ding!

 

Share this post