“Vrede vir julle!” / “Peace be with you!”

ISBN: 9781868045112
SKU: VAF138 Categories: , Tag:

“Vrede vir julle!” – Oordenkings oor geregtigheid, versoening en eenheid, onder redaksie van Eddie Orsmond en Gideon van der Watt is ‘n bundel Skrif-oordenkings en gebede wat opgedra word aan Prof Piet Meiring met sy tagtigste verjaardag. Piet Meiring se loopbaan is gekenmerk deur sy betrokkenheid by versoening. Egte versoening staan vir hom egter nie los van ‘n soeke na geregtigheid nie, en binne kerke lei egte versoening weer noodwendig ook tot groter eenheid. Die oordenkings fokus daarom op hierdie aktuele temas. Die bydraes is geskryf deur bekende kollegas van Meiring, ‘n klompie van sy oud-studente asook mense wat nou aan hom verwant is. Die temas is binne die huidige konteks van ons land uiters aktueel; dit word met insig en kreatiwiteit deur bekende teoloë aangebied. Die bundel bied ‘n rykdom aan materiaal wat sinvol vir die bediening, veral ook prediking, gebruik kan word.

Information

R210,00

4 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Prof Piet Meiring
Piet Meiring is een van die grootste diensknegte van versoening in ons land. As lid van die Waarheids- en Versoeningskommmissie, teoloog, dominee, kerkmens, landgenoot en medemens is sy lewe ʼn getuienis van versoening, vrede en heling. Hy is geliefd oor alle grense heen. Sy versoeningswerk strek selfs oor die grense van kontinente heen.

Pages

94

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

226 x 148 x 6

Weight

165g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop