Vier Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika

ISBN: 0000024139459
SKU: VAV0426 Categories: , Tag:

Platform op pad na die toekoms: die onlangse verlede en die nabye toekoms van vier Afrikaanse gereformeerde kerke in Suid-Afrika.
Vir die eerste keer voldoen hierdie publikasie aan die behoefte om ’n baie meer omvattende en nuwe historiese beoordeling van kontemporêre Afrikaanssprekendes en hul kerke in Suid-Afrika te gee.
Die vier hoofstroom Afrikaanse gereformeerde kerke in Suid-Afrika die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA), die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Tot dusver het hoofsaaklik individuele kerkgeskiedenisse van die verskillende kerke in die bogenoemde groepering die lig gesien.
In hierdie geval is die fokus egter nie op die hele geskiedenis vanaf die voortye af nie, maar meer bepaald die onlangse periode sedert 1990. Hierdie publikasie handel dus slegs oor die meer onlangse kerkgeskiedenis en daarnaas ’n blik op die toekoms. Dit kan as standaardwerk en verwysingsbron sowel plaaslik as internasionaal in hierdie veld gebruik word. Dit kan ook deur verskillende kerke, dosente en studente vir verdere studie en navorsing aangewend kan word.
Wat hier aangebied word, is oorsigartikels wat ’n histories-teologiese interpretasie en kritiese analise van, asook refleksie oor ontwikkelinge binne hierdie kerke en wel binne die betrokke tydsgewrig en te midde van die sosio-politieke en ekonomiese konteks van Suid-Afrika in hierdie oorgangsjare bevat.
Die doel van hierdie publikasie is nie om ’n chronologiese verhaal van die verskillende gereformeerde of reformatoriese kerke in Suid-Afrika daar te stel nie maar veeleerder ’n tematiese kerkhistoriese en histories
teologiese perspektief te bied. Een van die groot waardes van die geskiedenis is nie net om te besef wat in die loop van die geskiedenis gebeur het nie, maar ook vir die kerke om op die weegskaal geplaas te word met betrekking tot die wese en eise van kerkwees asook om tot ’n beter selfverstaan te kom. Verder wil dit egter nie net eng op die korttermyngeskiedenis van hierdie kerke sedert 1990 fokus nie, maar tog iets van die vroeëre wortels van hierdie kerke blootlê. En miskien nog die heel belangrikste: dit wil hierdie kerke en hul lidmate help om die toekoms tegemoet te tree met ’n redelike duidelike en helder toekomsperspektief om so ook nie net medebouers van hierdie kerke te wees nie, maar om rigting te help aandui oor waarheen hierdie kerke as gevestigde kerke maar ook as deel van die liggaam van Christus saam met andere kan of behoort te beweeg.

Information

R50,00

2 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Hoffie (JW) Hofmeyr, Mary-Anne Plaatjies - van Huffel & Rickus (PH) Fick

Pages

441

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

210 x 148

Weight

565g
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop