Vertel, Vertel! is geskryf met die oog op geloofsvorming by kinders van 8 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier Skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel. Dit kan net so aan kinders voorgelees word. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Die verhaal self word toegelaat om die boodskap oor te dra en tot gesprek en nadenke te lei. Kinders word by die verhaal betrek. Dit sluit nou aan by die “Oral Learning” beweging waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word. Dit kan sonder veel moeite in verskillende kontekste toegepas word. Dit is maklik en eenvoudig geskryf. Dit word aanbeveel vir Sondagskool, jeugbediening en geloofsonderrig in gesinne.
Die pakket bestaan uit vyf handleidings (oor die vyf jaar), vyf werksboekies, vyf ‘badges’ en die oudio reeks van al vyf boeke.
Information
R350,00
3 in stock