Uit Die Beek 2025

ISBN: 9780796323354
SKU: NB0103 Categories: , Tag:

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers.​

“U genade is vir ons genoeg.” Dit was nog altyd die belydenis van opeenvolgende geslagte Uit die Beek-lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

‘n Kort geskiedenis van Uit die Beek

“Ek merk dat baie mense die leesrooster van die Bybel- en Bidvereniging gebruik, maar min kry reg om elke dag vir hulleself ‘n boodskap raak te sien,” het ds. Attie van Wijk Sr. aan dr. Andrew Murray geskryf. Die uiteinde was ‘n reeks boeke wat elke jaar die gelowiges gehelp het om die hele Bybel elke paar jaar agtereenvolgens sinvol tydens huisgodsdiens of stiltetyd deur te lees en in hulle eie lewe toe te pas.

Uit die Beek begin in 1925 met die verskyning van “Overdenkingen” uit die pen van ds AJ van Wijk (predikant van Franschoek). Die opdrag was om ‘n boek saam te stel wat lede van die Bybel- en Bidvereniging (wat deur Dr Andrew Murray gestig is) aan te spoor om die Bybel sistematies oor ‘n aantal jare deur te lees en ook die lede te help om te verstaan wat hulle lees.
Die publikasie het so byval by die organisasie se lesers gevind dat dit ‘n jaarlikse publikasie geword het. Die 1927 uitgawe was die eerste uitgawe om die naam Uit de Beek te dra, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel (“Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.”). Sedert 1929 word dit in Afrikaans uitgegee as Uit die Beek, wat dit die oudste dagstukkieboek in Afrikaans maak.

Die Ds van Wijks het baie jare se uitgawes geskryf – hetsy pa, broer, seun of kleinseun (AJ of HJ). Tot 1978 was dit ‘n liefdeswerk van Ds. Attie (Sr) (1924-1966) en sy twee seuns di. Johannes (1951-1971) en Attie van Wijk (1972-1978). Ander bekende skrywers was prof Jac J Müller van Stellenbosch, Prof AH van Zyl, Annes Nel, Stephan Joubert en Barend Vos.

In die begin is gepoog om die Bybel in ses jaar deur te lees, die laaste paar jaar lees ons dit in vyf of vier jaar deur, met leesstukke vir die oggend en aand om ‘n geheelbeeld oor die Bybel te gee. Dus eggo die oorspronlike doel van Uit die Beek steeds, 100 jaar later.

Information

R265,00

5 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop