Stil-Weg
Take a look inside
Stil-weg, gedagtes oor stilte en vertroue is veel meer as ‘n gewone “dagstukkie-boek”. Dit is ‘n keurige samestelling van meditasies oor die belang van stilte en vertroue in ons op weg-wees deur die lewe. Diepsinnig word hier nagedink oor die geheimenis van God, die liefde, geleefde geloof, gemeenskap, gebed, hoop en geregtigheid. Dit gee raad oor retraites, die kuns van stil-word en geestelike begeleiding. Dit vier die ryke skoonheid van musiek, beeldende kuns, poësie en prosa, en veral ook die natuur, want in dit alles sien, hoor, ruik, proe en voel ons die heerlikheid van God. Die bundel bevat pragtige gedigte deur die outeur self, asook skakels na besonderse musiek wat pas by die oordenkingstemas. Elke nuwe afdeling word ingelui met ‘n foto van mistieke eenvoud.
Carel Anthonissen is ‘n deurleefde teoloog, ‘n kundige skrywer, ‘n deernisvolle waarnemer wat hom lewenslank gewy het aan die noue band tussen ‘n kontemplatiewe spiritualiteit en ‘n aktiewe betrokkenheid by die heling van gebroke mense en -verhoudinge in ‘n stukkende wêreld. Die boek word aanbeveel vir almal wat hul lewensreis stil-weg, al vertrouend, wil bewandel.
Luister hier na die onderhoud op Radio Helderberg.
Information
R221,00
5 in stock



