Soos sagte reëns
Take a look inside
Soos sagte reëns is presies dit: ’n welkome, verkwikkende gawe aan die kerk ná ietwat van ’n droogte in ons nadenke en gesprek oor die Heilige Gees. Met die wysheid van ’n ervare teoloog en deurleefde kerkmens, help Coenie Burger ons om die Gees opnuut raak te sien as die Een wat lewe gee, geloof wek, gemeenskap skep en die kerk die wêreld instuur. Hierdie boek val soos sagte reën op grond – stil en sonder vertoon, maar met die belofte van nuwe lewe.
– Prof. Nelus Niemand – oud-rektor van die Hugenote Kollege,oud-moderator van die Alg. Sinode van die NG Kerk
In plaas van blote “kopkennis” oor die Heilige Gees, gaan dit in dié boek eerder oor die lewende en vernuwende teenwoordigheid van ‘n Goddelike Persoon. Coenie Burger nooi ons om die derde groot verhaal van die Christelike geloof, oor die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, opnuut te ontdek. Met die warmte van ’n pastor, die insig van ’n teoloog en die wysheid van ’n deurleefde kerkleier ontvou hy die ryk Bybelse getuienis oor die Gees as die Gawe wat vernuwe. Hy wys hoe die Gees mense lewend maak, aan Christus verbind, van vrees bevry, verander, roep en stuur – maar ook hoe die Gees gemeenskap skep en die kerk vorm. Hierdie uitnodigende boek help ons om ons lewens oop te stel vir die Gees se teenwoordigheid, leiding en verrassende werk. Dit vul ons met vreugde en hoop.
– Ds. Danie Mouton – PSD Oos-Kaap Sinode van die NG Kerk
Met dié boek lewer Coenie Burger ‘n uitstekende en belangrike bydrae in nadenke oor die Heilige Gees. Dit bied ‘n diepgaande, dog toeganklike blik op die volheid van die werk van die Gees in gelowiges, gemeentes en die wêreld. Vanuit ‘n Gereformeerde vertrekpunt tree hy op ‘n ruimhartige, respekvolle wyse in gesprek met ander Christelike tradisies en bied so ‘n bruikbare hulpmiddel vir groter begrip.
– Prof. Marius Nel – professor in Nuwe Testament,Universiteit van Stellenbosch
Information
R350.00
245 in stock



