Sê dit in isiXhosa Yitsho ngesiXhosa – Leer isiXhosa stap-vir-stap

ISBN: 9781868043965
SKU: VAF087 Categories: , Tag:

Die lesse in hierdie boek is ‘n inleiding tot die lees, skryf en praat van isiXhosa. Dit is ongekompliseerd en prakties.

Destyds, 55 jaar gelede in Cala in die Transkei, was Koos Oosthuysen se boekie Leer Self Xhosa my onontbeerlike toegang tot die wêreld van die amaXhosa. In die begin het ek saam met ’n tolk tussen die mense beweeg en saans het ek aan die hand van daardie boekie iets van hierdie isiNguni-taal se grammatikale struktuur probeer verstaan. Na nege maande het ek my eerste eenvoudige preek in gebrekkige isiXhosa gelewer aan kindertjies in ’n tent op die Ncorha-vlakte. Sonder Koos se boekie sou so iets onmoontlik wees. Ek is dankbaar vir hierdie hersiene uitgawe wat baie mense kan help om isiXhosa aan te leer. Vandag nog maak my aangeleerde kennis van isiXhosa vir my wêrelde oop. Mag Sê dit in isiXhosa dieselfde doen vir baie mense. Ons het sulke mense nodig en dié boek maak dit moontlik. – Prof Jaap Durand

Information

Also available in English.

R50,00

24 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop