Ons toekomsverhaal Werkboek

ISBN: 9781776160501
SKU: BM0160 Categories: , Tag:

Ons toekomsverhaal Werkboek

Ons toekomsverhaal help paartjies om die uniekheid van hulle verhouding te ontgin. Die roetemerkers wat tydens die gesprekke gebruik word, gee aan hulle die kans om hulle verhoudingsverhaal self te vertel, om hulle unieke verhouding te vier, om die betekenis en waardes in hulle verhouding te ontdek, om hulle kommunikasie met mekaar te verbreed en om hulle onderskeie behoeftes binne die verhouding duidelik te maak.

Die roetemerkers om die paartjie te help om hulle verhoudingsverhaal te ontgin en uit te bou sluit in:

– Pak die tasse – die paartjie gesels oor herhalende temas in hulle verhale

– Stel die GPS in – hulle gesels oor die waardes in hulle verhouding

– Pak die wa! – hulle skep ’n metafoor en taal om oor hulle verhouding te gesels

– Veiligheid eerste, en: Is die tenk vol? – hulle brei die verhoudingsmetafoor en -taal uit

– Op die oop pad – hulle gesels oor die invloed van faktore van buite, grense binne hulle verhouding en werk-gesin-balans.

’n Praktiese werkboek wat saam met die begeleiersgids gebruik kan word om twee mense wat hulle pad saam vorentoe wil aanpak te help om dit betekenisvol in te rig.

Information

R80,00

7 in stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop