Ons toekomsverhaal Begeleiersgids
Ons toekomsverhaal Begeleiersgids
Enige paartjie se verhoudingsverhaal speel in ’n unieke konteks af. Ons toekomsverhaal is só geskryf dat dit hierdie uniekheid van elke verhouding ontgin.
Deur die narratiewe benadering te volg, gee die gespreksleier aan paartjies die geleentheid om hulle verhoudingsverhaal self te vertel, hulle waardes te vestig, hulle unieke verhouding te vier, hulle kommunikasie met mekaar te verbreed en hulle onderskeie behoeftes binne die verhouding duidelik te maak.
Met die gebruik van die volgende roetemerkers help die gespreksleier die paartjie om hulle verhoudingsverhaal te ontgin en uit te bou:
– Pak die tasse – die paartjie gesels oor herhalende temas in hulle verhale
– Stel die GPS in – hulle gesels oor die waardes in hulle verhouding
– Pak die wa! – hulle skep ’n metafoor en taal om oor hulle verhouding te gesels
– Veiligheid eerste, en: Is die tenk vol? – hulle brei die verhoudingsmetafoor en -taal uit
– Op die oop pad – hulle gesels oor die invloed van faktore van buite, grense binne hulle verhouding en werk-gesin-balans.
’n Onontbeerlike en praktiese gids vir almal wat huweliksvoorbereiding doen.
Information
R140,00
8 in stock


