Ons sal sterwe, ons sal lewe

ISBN: 9781868045150
SKU: BAR025 Categories: , Tag:

Take a look inside

Die titel Ons sal sterwe, ons sal lewe – gedagtes oor verganklikheid en ewigheid verklap reeds veel oor dié boek se inhoud. Die wete dat ons elkeen iewers deur die hek van die dood móét gaan, meld deesdae al meer en al hoe dringender in ons bewussyn aan. Die hek staan egter oop. Dis ’n deurgaan; dit nooi uit tot die binnetree van ’n ruim landskap waarin nuwe horisonne wink – ’n onvoorstelbaar heerlike lewe by God, ‘n ewigheid sonder gebrokenheid en verganklikheid. “Ja, die dood is dodelik; maar God se trou maak die hek na die hemel oop”, skryf Johan Cilliers. God se trou, die oop hek, het waar geword in Christus Jesus se kruisdood en opstanding. Daarmee is die dood ‘n nekslag toegedien, sy angel getrek. Daarom kan ons vandag, elke dag, met oorgawe leef – vreugdevol. Johan Cilliers is ‘n bekende skrywer, ‘n fyn waarnemer, ‘n woordkunstenaar en skilder. Sy gedagtes word eerlik en worstelend verwoord, maar dis tegelyk ook roerend mooi geskryf, vol verwondering … en humor. Van Johan se pragtige skilderye, onder andere van die Karoo- landskap, ryk aan simboliek, is in die boek opgeneem. Hierdie boek is bedoel vir ons ontwrigtende tyd; dit bring egte troos, vaste hoop.

Information

R290,00

13 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Prof Johan Cilliers
Johan Cilliers is ‘n Emeritus Professor van die Universiteit Stellenbosch, ‘n voormalige Voorsitter van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie, asook van die Prakties-Teologiese Werksgemeenskap van Suid-Afrika. Hy was die President van die internasionale Societas Homiletica (2014-2016), en het al as besoekende dosent opgetree by die Universiteit van Umea (Swede); die Universiteit van Basel (Switserland); Die Vrije Universiteit van Amsterdam (Nederland); die Universiteite van Leipzig, Würzburg, Humboldt (Berlyn), en Hamburg (Duitsland). Hy het 23 populêre, asook 17 akademiese boeke geskryf, waarvan sommige in Duits, Koreaans, en Russies vertaal is. Benewens teologie, het hy ‘n belangstelling in astronomie en estetika.

Pages

114

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 7

Weight

180g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop