Ons kyk na die donkiemaan – Stories oor die lewe

ISBN: 9781868044443
SKU: BAR008 Categories: , Tag:

Take a look inside

Jeanne Henning Els glo dat ons lewe in stories vervat is. Die lewe is ‘n dagboek waarin ons meen om een storie te skryf, maar uiteindelik staan daar ‘n totaal ander een. Die rede is omdat die spektrum van die lewe die arena is waar mense hul lewe uitleef. Van hartseer en swaarkry en alleenwees tot gulle blydskap en ongekende voorspoed en warm samesyn.

In Ons kyk na die donkiemaan versprei Jeanne haar stories oor nege breë kategorieë. Sy vertel van oomblikke in die lewe wat nesmaak in mense se lewe, van gedagtes aan gister, oor weë van weelde en van mense rondom ons.

Daar is niemand wat jy nie sou kon liefkry as jy hul storie sou ken nie, glo sy. In die gewone lewe besef ons skaars dat ons baie meer ontvang as wat ons gee en dat dit net deur dankbaarheid is dat die lewe ryk word.

‘n Unieke deel van Ons kyk na die donkiemaan is die elf onderhoude wat sy met kunstenaars, ‘n hartchirurg, natuurliefhebbers, sakemanne en ‘n humoris gevoer het.

Ons leef in ‘n veelkleurige wêreld en Ons kyk na die donkiemaan open vir die leser ‘n venster op daardie wêreld.

Information

R50,00

438 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Jeanne Henning Els
Jeanne Henning Els se eerste boek (2009), Ligdans: Depressie-vegters se verhale van hoop, was ’n topverkoper en het haar landwyd as gewilde motivering-spreker gevestig. In haar tweede boek (2011), As die stroom jou vat, beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe vanuit depressie kon hervat. Sy ondersoek die raaisel van selfdood en gesels openhartig met ander bekendes wat selfdood oorweeg het. Jeanne is ’n bekende joernalis wat jare lank vir Die Burger en Sarie geskryf het. Jeanne is in die Paarl is gebore en het aan die Universiteit Stellenbosch joernalistiek studeer. Sy hou van reis en is ’n ywerige Camino-stapper. Sy en haar man Dolf, ook bekend in joernalistieke kringe, het twee seuns. Hulle woon in Kaapstad.

Pages

142

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

210 x 148 x 8.9

Weight

205g
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop