‘n Geloofspad met MS

ISBN: 9780639838957
SKU: BARV066 Categories: , Tag:

Voel dit dalk soms vir jou of die eise van die lewe net te veel word? Jy is desperaat opsoek na antwoorde en uitkoms iewers. Ek het die boek met die 140 dagstukkies geskryf met die bedoeling om gelowiges moed te gee en te besef waar al ons krag en heil vandaan kom, en veral vir mense wat een of ander kroniese siekte het soos byvoorbeeld MS. Mag die leser hierdeur bemoedig word.

2 Korintiërs 4:16-18
Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

‘n Geloofspad met MS. In hierdie inspirerende versameling Bybeldagstukkies deel ds. Gawie Marx sy persoonlike reis met veelvuldige sklerose (MS). Nadat hy op 38-jarige ouderdom teologie begin studeer het, het hy die gemeentes van Marchand in die Noord-Kaap en later Warden bedien. In 2021 moes hy weens MS op ongeskiktheidspensioen gaan en woon tans in Potchefstroom. Sy getuienis bied insig en hoop vir mense met MS, dié wat iemand met MS ken, en die algemene leser. Gawie soek na sin en betekenis binne sy siekte, en sy verhaal sal lesers boei en inspireer.

Information

R185,00

33 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop