Miskien is daar hoop

Out of stock
ISBN: 9781868044894
SKU: VAF134 Categories: , Tag:

Take a look inside

Die boek Miskien is daar hoop uit die pen van die bekende Dr Johann Voges is ‘n baie tydige publikasie. In hierdie dae tydens en na die Koronavirus, die ekonomiese insinking, werksverliese, politieke onstabiliteit en groeiende spanning op vele terreine, en ons eie besef van broosheid, is die groot vraag: Is daar hoop? Egte hoop? Waar vind ek dié hoop? Johann nooi die leser op ‘n wandeling deur die Woord. Hy bied geen goedkoop reseppies of maklike troos nie. Op sy unieke manier van skryf – onopgesmukte taal, maar deurleefde, praktiese wysheid – help hy ons om soos Jeremia van ouds te ontdek: “miskien is daar hoop!”. Dalk nie hoop soos ons dit graag sou wou verstaan nie, maar egte hoop … want die drie-enige God is ‘n werklikheid. God is met ons op pad, ook in en deur die alledaagse skryf God self ons lewensverhaal vol hoop. Hierdie boek is vir alle gelowige lesers wat bietjie dieper wil delf.

Information

R220,00

Out of stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Dr Johann Voges
Ek het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Ek het eers na my MSc graad in Landbou met teologie begin en later terwyl ek in Lynnwood gemeente predikant was my DTh in praktiese teologie aan Unisa voltooi. Ek was vir 3 jaar voltyds predikant eers in Standerton moedergemeente en 30 jaar in Lynnwood gemeente. Ek was ook vir 18 jaar betrokke in sinodale werksaamhede in die Noordelike en Algemene sinode. Na my aftrede was ek vir 7 jaar deeltyds predikant in Sabie, Graskop en Chrissiesmeer gemeentes. Ek en Martie, wat al 46 jaar getroud is woon tans in Sedgefield waar ek kom ‘mors’aftree het. Ek het na my aftrede begin skrywe, waarvan ‘Miskien is daar hoop‘ die 4de boekie is wat gepubliseer word.

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

210 x 140 x 11

Weight

275g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop