Maar Verlos ons van die Bose

ISBN: 9781067256043
SKU: VAF157 Categories: , Tag:

Take a look inside

In Maar Verlos Ons van die Bose! ondersoek Ernst Conradie die inhoud en betekenis van die Christelike boodskap van verlossing. Hy plaas dit binne die raamwerk van die langtermynimpak van imperialisme, slawerny en kolonialisme, die komplekse uitdagings van onreg, ongelykheid en geweld in die hede, en ’n toekoms wat deur klimaatsverandering bedreig word. Daar is immers genoeg voorbeelde van boosheid, sonde en ellende — die moeras waarin die wêreld vasgevang is. Kan die boodskap van verlossing daarin nog ’n verskil maak? Dit hang af van hoe ons verlossing verstaan.

Conradie maak ruimskoots gebruik van gesange, veral Kersgesange wat ons so spontaan saamsing, om hieroor te besin. Hy onderskei drie benaderings tot verlossing: bevryding, versoening en sosiale transformasie. Vervolgens bied hy ’n voorstel oor watter verskil die koms van Jesus as Christus in die wêreldgeskiedenis gemaak het — en hoekom die werk van die Heilige Gees onontbeerlik is om daarop voort te bou. Hy glo dat die grootse projek wat God met die skepping begin het, en wat in Israel en deur die kerk te midde van talle terugslae voortgesit is, nog nie voltooi is nie. Daarom bly ons hoop steeds gegrond op hierdie verlossing.

Hierdie boek is ’n onontbeerlike gids vir almal wat saam soek na antwoorde op die dringende vrae van ons tyd.

Information

R350,00

107 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Ernst M. Conradie
Ernst M. Conradie is ’n senior professor in die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK). Hy spesialiseer in Christelike ekoteologie. Hy is die skrywer van talle toonaangewende akademiese boeke en die hoofredakteur van ’n beplande reeks met twaalf volumes, An Earthed Faith: Telling the Story amid the “Anthropocene”. Die Andrew Murray-prys vir teologiese publikasies in Afrikaans is reeds drie keer aan hom toegeken, onder meer vir Waar op Dees Aarde Vind Mens God? (2006) en Lewend en Kragtig: In Gesprek oor God se Handelinge in die Wêreld(2010). Meer onlangs het Om Reg te Stel: Oor Regverdiging én Geregtigheid (2018) en Kontra-intuïtief: Om Hierdie Wêreld as God se Skepping te Sien (2023) verskyn.

Pages

176

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

240 x 170 x 10

Weight

310g
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop