Loop en Val

ISBN: 9780992200350
SKU: VAV0111 Categories: , Tag:

Ons almal se lewens word gekenmerk deur val en opstaan. Jy loop ewe lekker en sonder dat jy dit verwag, gee die lewe jou ’n dwarsklap dat jy dáár lê. Dan kom die moeilike deel – die opstaan. Soms voel dit asof jy liewer wil bly lê, maar jy móét die resies voltooi. Daar is storms in elkeen se lewe: Tye wanneer jou huwelik se pilare wankel, wanneer die cash flow& druk, wanneer jou verhoudings van die pad af beur, wanneer jou gesondheid sukkel, wanneer alles om jou net eenvoudig te veel word. Dan moet jy aan die een draadjie vasklou: Jesus is nog steeds in beheer. Almal van ons sleep ’n swaar stuk bagasie saam. Die sonde wat sy lêplek in ons lewe kom maak het, het die vreugde en die lag kom steel. Dis egter nie Sy idee vir ons nie. Glo dat God daardie verkeerde keuses en jou sondes sal vergewe en Hy sál jou vryspreek.

Information

R50,00

3 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop