Ligvoets
ISBN: 9781776160921
Dis asof die son in jou hart opkom wanneer jy Fourie Rossouw se skryfwerk lees. Innig, warm, met die gloed van duisend moontlikhede.
Sy skryfwerk is onopgesmuk en het ’n vae bekendheid wat jou intrek en sommer van meet af aan laat tuis voel. Deur die egtheid en eerlikheid van sy rubrieke beleef jy die soet melancholie van die lewe, maar dit is nooit sonder ’n skeut blymoedigheid nie.
Dit is ook asof Fourie se skryfwerk op papier eindig, maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ’n sonsopkoms.
Geniet hierdie keur van rubrieke deur ’n knap skrywer, storieverteller en predikant.
Information
R110,00
7 in stock



