Laat ons eet en feesvier!

ISBN: 9781868043859
SKU: VAF081 Categories: , Tag:

In Laat ons eet en feesvier! word die verhaal van die verlore seun (Lukas 15) gebruik om stil te staan by verskillende fasette van ons lewe, ons verhoudinge en ons geloof. Dit is soos om die verskillende vlakke van ʼn diamant na die lig te draai, sodat jy verras en verwonderd staan oor die skoonheid en kleurvolle rykdom van die verhaal – die verhaal van ’n wagtende vader, ’n seun wat verlore was en terugkom en ’n ouer broer wat ook na die fees uitgenooi word. Dié Bybelse verhaal word die verhaal van ons elkeen se lewe. In die verhaal van die verlore seun hoor ons die hele evangelie weerklink.

Die boek is geskryf vir mense wat op plase, maar ook op talle ander plekke in die wêreld van arbeid gebedsgeleenthede en groepsgesprekke lei. Maar die boekie is ook bruikbaar vir self-lees, of vir saamlees en gesprek in gesinne, of vir gebruik in gemeentes se toerustingsprogram.

Information

R50,00

147 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop