Kleurmeditasies vir Kerstyd

ISBN: 9780864878656
SKU: BM0096 Categories: , Tag:

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God. Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie Kerstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak.

Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat Advent, Kerstyd en Epifanie omsluit.

Advent is wagtyd: Ons sien uit na Jesus se eerste koms as Kind tussen ons, maar ook na sy tweede koms om alles te vervul. Kerstyd is feestyd: Ons vier die geboorte van “God by ons” en bowenal dat God mens geword het.

Epifanie is sientyd: Ons sien opnuut Jesus Christus se verskyning, sy hier-wees en sy leef-tussen-ons. Die temas van hierdie tyd van die jaar is wag, uitsien, liefde, hoop, vrede, vreugde, fees, liggaam, lig en hoop. Dit is ʼn tyd van verlange en feesvier.

Die woorde van elke geloofsgedagte herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

Information

R50,00

1 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop