Jona – Bybelstudie

ISBN: 9780864879059
SKU: BM0060 Categories: , Tag:

Jona is ʼn baie kort storie. Ons ken dié storie. Almal weet van die groot vis, maar nie almal weet van die diere wat rouklere aangetrek het nie. Maar wat sê die storie van Jona vir ons oor God?

God is die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het, wat die groot storm laat ophou, wat die groot vis stuur, wat afsien van die ramp wat Hy oor die groot stad Nineve wou stuur, wat oornag ʼn plantjie laat opkom, wat vir die diere omgee.

Die boek Jona vertel vir ons van die genadige en barmhartige, lankmoedige en liefdevolle God wat omgee vir die mense van Nineve, al is hulle geweldenaars. Die God wat omgee vir Jona, al is hy onwillig om te doen wat God wil hê. Die God wat omgee … vir ons.

Information

R50,00

3 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop