Jesus Leef
Jesus Leef gaan oor die laaste week van Jesus se bediening voor sy kruisiging. Dit begin met sy intog in Jerusalem op die rug van ‘n donkie, sy laaste verskyning in die tempel, die genesing van siekes, uitdagings van die hoëpriester en ouderlinge, sy salwing in Betanië, die laaste maaltyd saam met sy dissipels, toe hy gebid het in die tuin van Getsemane en hoe hy deur Judas verraai is. Dit gaan ook oor hoe hy gevange geneem is, voor Pilatus verskyn het, bespot is en ‘n doringkroon moes dra en op Golgotha gekruisig is tussen twee misdadigers, en waar hy sou sterf.  Jesus is begrawe, sy graf is met ‘n groot klip verseël en daar was wagte om die graf op te pas. Maar op die derde dag het Jesus opgestaan uit die dood en verskyn aan Sy dissipels voor hy hemel toe gevaar het.
Die boek het inkleurblaaie, prentjies wat by die storie pas en ‘n knip-en-vou-aktiwiteit.
Die vyf Bybelboeke in die stel, in beide Afrikaans en Engels, bestaan uit:
1) Die Skepping / The Creation
2) Die Geboorte van Jesus / The Birth of Jesus
3) Jesus leef / Jesus is Alive
4) Die Vrug van die Gees / The Fruit of the Spirit
5) Die Wapenrusting van God / The Armour of God
Information
Beskikbaar in Engels en in ‘n stel.
R25,00
84 in stock



