God se verhaal

ISBN: 9781868045273
SKU: VAF141 Categories: , Tag:

Take a look inside

God se verhaal, ‘n Bybelreis vir Tieners. Die boek is geskryf deur die bekende skrywer Susan Goosen. Susan spesialiseer in die geloofsvorming van kinders en jongmense en geloofsgroei binne gesinne. Benewens haar gereelde artikels in Christelike tydskrifte, het sy reeds verskeie boeke geskryf, soos die Vertel-Vertel! reeks en die pragtige Kinderbybel Vertel my meer. Haar boeke is in verskillende Suid Afrikaanse tale vertaal.

God se verhaal bestaan uit 150 dagstukkies wat tieners op ‘n avontuurlike reis deur die Bybel neem. In heerlike verteltrant word die hele verhaal van God se liefdesverhouding met mense vertel, vanaf die skepping, God se reis met Israel,  die goeie nuus van die Seun van God se koms aarde toe, die werk van die Heilige Gees, en die roeping van die kerk (ons as gelowiges), totdat die Here Jesus eendag weer kom. Die vertellings maak die leser deel van die Bybelse verhaal, en die verhaal word deel van ons lewe. Dit help ons om te ontdek hoe groot en goed die Here is, maar leer ons ook hoe die Here wil hê dat ons sal lewe. Dit help antwoorde gee op lewensvrae, dit troos, gee hoop en inspireer. Dis deeglik geskryf, elke woord geweeg. Die boek kan gebruik word tydens gesinstyd met God, in persoonlike stiltetyd, maar selfs ook as handige hulpmiddel by kategese.

Information

Ook in Engels beskikbaar

R126,00

32 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Susan Goosen
Ek is ’n gekwalifiseerde onderwyseres wat nog altyd ’n liefde vir woorde, boeke en skryf gehad het. Deur my betrokkenheid by skole, en natuurlik my ervarings met my eie kinders, het die Here die belangrikheid van geloofsvorming op my hart kom lê. Dit is ’n voortdurende reis en een waar ek gedurigdeur meer leer. CLF se Bybelprojek, asook ander publikasies en my betrokkenheid by die tydskrif Lig, het aan my die geleentheid gebied om my belangstelling in kinders, ouerskap, opvoeding en skryf te kombineer. Ek is dankbaar dat die Here my hiertoe geroep het en vir die geleentheid om so baie by kinders en hulle ouers te leer. Ek woon saam met my man, Eduard, en ons drie kinders, Anel, André en Esther, in Mkhuze Wildtuin in die noorde van KZN.

Pages

160

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 4,23

Weight

220g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop