God in die gewone

ISBN: 9781868044849
SKU: VAF131 Categories: , Tag:

Take a look inside

Dit is nie in die asemrowende nie, maar in die gewone wat die wonderwerk van die lewe lê.

Gelowige mense is altyd op soek na die asemrowende. Hulle wil snak na hul asems en iets groter as groot ervaar. Die waarheid en die sin van die lewe moet altyd met trompetgeskal aangekondig word. Dit kan nie net rustig na jou toe aan rimpel en oor jou spoel nie.
Soms is al wat dit verg om God te sien, om stil te staan en te sien hoe daar in jou lewe vir jou gesorg is. Hoe slegte tye oorleefbaar gemaak is en hoe God altyd net daardie misterieuse teenwoordigheid was met wie jy gestry het, wat jy ontken het, maar wat jou nooit verlaat het nie.
God is asemrowend, maar nie omdat Hy in die asemrowende gevind kan word nie. God is asemrowend, omdat as jy jou oë oopmaak, sal jy Hom sien …
daar in die gewone.

Karen Swart skryf oor haar gewaarwordinge van die lewe – van die dinge wat ons nie kan sien – oral te vind in die alledaagse van die lewe.

Information

R80,00

190 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Karen Swart
Karen Swart is ‘n gewone vrou wat deur die lewe gevorm is om die skone en ongewone in die alledaagse lewe te sien. Sy het groot geword as een van vier dogters in ‘n enkel-ouer gesin. Karen het met ‘n onderwysbeurs aan die Universiteit van Stellenbosch gaan Geskiedenis en Godsdienswetenskap studeer. In haar nagraadse jare het sy vir ‘n jaar aan die Eberhards Karls Universität in Tübingen, Duitsland gaan navorsing doen en uiteindelik haar meestergraad in Nuwe Testamentiese Studies verwerf. Sy is tans gelukkig getroud met drie dogters. Een van die mees verdiepende ervarings in haar lewe was haar eie klein stryd met kanker. Lewe het gewen. Die ervaring het haar egter gelei om al haar skrywes oor haar gedagtes, ervaringe en gewaarwordinge van God se teenwoordigheid in haar alledaagse lewe in haar blog by die naam “God in die Gewone” op te neem. Kyk die video waarin Karen Swart oor haar boek gesels.

Pages

117

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

210 x 148 x 7,02

Weight

170g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop