God gevind – Nagedink oor geloof in ’n taai tyd
Take a look inside
In God Gevind neem Frits Gaum, teoloog, skrywer en kerkman, ons op ’n laaste, eerlike geloofsreis. In die lig van sy naderende dood besin hy oor die kernvrae van geloof, twyfel, en die bestaan van God – nie in die eerste plek as dogma nie, maar as ’n persoonlike opgawe van sin en berusting. Hierdie boek is getuienis van ’n lewe lank se nadenke, gesprekke en skryfwerk, aangevul deur agt “onherhaalbare” onderhoude met bekende Suid-Afrikaners soos Desmond Tutu, Nelson Mandela en Beyers Naudé, en vier ope briewe aan meningsvormers van ons tyd, met van hulle reaksies daarop.
Saamgestel deur sy seun Laurie Gaum, met besinnings oor sy nalentskap van kollegas en gesinslede, is God Gevind ’n intieme en insiggewende blik op ’n man se geloof in ’n taai tyd – en ’n uitnodiging aan elke leser om self te dink, te twyfel, en te glo.
Information
R195,00
24 in stock


