Genesis 12 – 28 Vader van vele

ISBN: 9780864878991
SKU: BM0136 Categories: , Tag:

Dit is God wat die eerste stap neem en vir Abram sê: Ek wil jou God wees en ook die God van jou nageslag. Dit is God wat twee onvrugbare mense kies om die ouers van vele te word. Hy gebruik ʼn swerwer om te wys wat per­manensie is. Hy gebruik ʼn verwerpte ma en seun om te wys wat ware omgee is. Hy neem Isak, wat maar die skaduwee van sy pa is, en maak hom iemand wat wys wie God is. Hierdeur word die onbekende God wat vir Abraham geroep het die bekende, betroubare, liefdevolle Vader van al­mal wat in Hom glo.

In ons nadenke oor die God van Abraham en Isak ontdek ons God kan nooit verskuil word nie. Ons ontdek ook wat dit beteken wanneer God sê: Ek sal jou seën en jy sal ’n seën wees. Hierdie boek nooi jou om in hierdie seën van God te deel en ʼn seën te gaan wees.

Information

R120,00

9 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop