Gayverbintenisse
Take a look inside
Dr Talbot Sadler se boek Gayverbintenisse – uitweg uit die vasgelooptheid, is ‘n tydige en baie aktuele boek. Dit handel oor omstrede sake, sake waaroor daar tans ‘n hewige debat binne die NG Kerk gevoer word. Ander kerke sal ook nie anders kan as om hieroor te praat en tot uitsluitsel te probeer kom nie. Omdat dit so ‘n emosionele aangeleentheid is, mense so sterk standpunte inneem, loop die debat dikwels vas, hoor mense mekaar later nie meer nie. Is daar tog ‘n uitweg uit die vasgelooptheid? Is daar ‘n middelgrond waar sinvolle gesprek moontlik is? Dr Talbot Sadler is, spreekwoordelik, een van die “oudstes” by die stadspoorte, wat met wysheid en uit ervaring tog ‘n moontlike weg uit die vasgelooptheid aandui. Uiteindelik het die evangelie van Christus die laaste sê. Natuurlik sal almal van beide kante nie met sy benadering en standpunte saamstem nie, maar dat hy nuwe insigte bring en gesprekspunte op tafel plaas, is gewis. Hierdie is ‘n eerlike poging om ‘n weg uit die vasgelooptheid te vind; dit verdien om deur alle leraars en lidmate van die NG Kerk, maar ook alle ander kerke wat noodwendig hieroor worstel, gelees te word.
Information
R220,00
Out of stock


