Ewald en Liani van Rensburg, pa en dogter, skryf te oulik in rym oor Fletcher, ‘n baie ongelukkige skapie. Ewald vertel dat hy in die Meredistrik in Engeland ’n snaakse verskynsel gesien het. Al die lammers van die Herdwick skaapras word donkerbruin gebore. Eers na ’n jaar word hulle wol lig van kleur. Fletcher, ’n donkerbruin lam, kon nie verstaan waarom hy anders as die res van die skape lyk nie. Eers toe hy hoekom vra, het hy agtergekom dat daar ’n plan met alles in die lewe is. En dat dit ‘n plan van ‘n Hoër Hand is.
Luister hier na ‘n radio onderhoud oor die oulike boek.
Information
R50,00