Die Verlore Skapie
Take a look inside
In Die Verlore Skapie ontmoet ons vir Leon, die lammertjie wat nuut is in Blêrfontein. Daar maak hy ‘n nuwe vriend, Tjoppie, maar ontmoet ook die nare Jan Jakkals en sy held, Armach Breytenblaf, wat hom red. Leon leer bid, sing, hoe om die Bybel te lees, en om vir ander om te gee. Hy gaan kerk toe, woon Sondagskool by en help selfs pannekoek bak by die kerk se basaar. Deur hierdie avonture leer Leon ook van die Herder, die Een wat hom liefhet.
Hierdie boek het pragtige illustrasies en ‘n boeiende storielyn wat kinders én volwassenes sal geniet. Die Verlore Skapie is ook beskikbaar op Spotify, saam met die liedjie “Ek behoort aan Jesus” wat spesiaal vir hierdie verhaal geskryf is. Die Verlore Skapie is ideaal vir kinderkerk, Sondagskool, kinderdienste, of vir ouers wat saans vir hul kinders wil lees.
Information
Ook in Engels beskikbaar
R90.00
77 in stock
Author Information
Additional Product Information
- Radio Helderberg onderhoud



