Die hart van God – verhale van vroue in sending
ISBN: 9781868044030
Gedurende die Victoriaanse tyd, die agtergrond vir die meerderheid van die stories wat in hierdie bundel vertel word, was die vrou hoofsaaklik gesien as tuis by die huis en indien sy enigsins in die publiek sou optree, dan slegs as ’n tipe hulp vir die man. Gevalle, soos deur die karakters in hierdie boek geïllustreer, waar vroue aktiewe en dikwels onafhanklike agente in die sendingkonteks was, is uiteraard nie net noemenswaardig nie, maar selfs ongehoord binne konser-watiewe Protestantse kulture van die tydperk waaruit hulle kom.
Information
R50,00
3 in stock