Die hap van die appel
Take a look inside
Donna Gerritzen se huislike lewe is moeilik. Haar pa is ’n alkoholis, haar ma se kop is op ander plekke en hulle woon in ’n myndorp in die laat tagtigs. Op agtien raak sy swanger en trou met die rykmanseun Werner de Klerk. Oornag word sy groot, en probeer met haar foute vrede maak en saamlewe. Haar twee kinders ten spyt, is haar lewe eensaam, want Werner drink en behou sy jongmans-leefstyl. Sy byt maar vas – ’n mens maak nie een fout met ’n ander reg nie.
Sy ontmoet ’n jong pastoor, Armand le Roux. Donna stap ’n parallelle lewe saam met hom, met die knaende wete dat sy moes gewag het vir ʼn man soos Armand. Sy vind God, en vervulling daarin om iets van haar lewe te maak.
Die hap van die appel is ’n deursnit van hoe dit dikwels in die lewe gaan – selfverwyt, beskaamde hoop, uithouvermoë en ongevraagde vervulling.
Information
R50,00
301 in stock
Author Information
Additional Product Information
- Cindy gesels oor haar jongste boek, Die Hap van die appel - kyk en luister dit hier -