Die Eerste Tree-Die NG Kerk en versoening ’94-’98

Out of stock
ISBN: 9780639959917
SKU: BARV058 Categories: , Tag:

Die inhoud van Freek Swanepoel se boek gee belangrike historiese inligting oor die veranderinge binne die kerk in die demokratiese Suid-Afrika sedert 1994. Swanepoel was Moderator van die opspraakwekkende Algemene Sinode van die NG Kerk in 1994 wat deur Pres Mandela toegespreek is. Die vergadering het in die teken van versoening gestaan; dit het oa verskoning aangebied vir die kerk se optrede teen mense soos Dr Beyers Naudé en Prof Ben Marais, bloot omdat hulle Apartheid bevraagteken het. Dit het toe bekend gestaan as DieSinode van Versoening. Oor die tydperk van 1994 tot 1998 skryf hy oa oor Johan Heyns, ekumene, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, kerkeenheid, skakeling met die owerheid, en die Waarheids- en Versoenings-kommissie. Die boek is op duursame papier gedruk en bevat ‘n groot aantal foto’s, mediaberigte en vertellings van komiese gebeure.
Swanepoel gee ’n kykie op die treë wat hy saam met die NG Kerk op hierdie pad gegee het. Dit is belangrik om kennis te neem van hierdie eerste treë om die huidige stand van die NG Kerk in Suid-Afrika te evalueer. Hierdie boek behoort belangrik te wees vir die lidmate van die NG Kerk wat die betrokke historiese momente beleef het. Vir jonger lidmate en studente wat na daardie tydperk gebore is, kan dit help om die kerk waarvan hulle tans deel is, beter te verstaan.

“Alhoewel ds Freek Swanepoel se bydrae as leier in die NGK uit verskillende oorde verskillend beoordeel word, was sy bydrae in ’n kritieke tyd van Suid-Afrika se geskiedenis onmisbaar. Gebou op sy onwrikbare geloof in die Here Jesus Christus en sy liefde vir die NGK het hy ten koste van homself
gedien en so daadwerklik help keer dat die “bloed vloei”. Dit is die merkwaardige verhaal wat in sy eie woorde in hierdie boek vertel word.” – Prof Johan M van der Merwe, Universiteit van Pretoria
“Versoening is nie bloot om verskille te oorbrug nie – dit is die voetbrug na die uitkykpunt, waar versoendes vanuit hoër perspektief die volle potensiaal kan geniet van heers oor die skepping, ten einde die Skepper te verheerlik in dankbaarheid, gehoorsaamheid, liefde en eensgesindheid.” – Myra Lochner, KREATIV SA

Information

R50,00

Out of stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop