Die avonture van Maria en Braam

ISBN: 9781868043804
SKU: MBAFR Categories: , Tag:

Die avonture van Maria en Braam is ’n storie oor ál God se kinders.
God se blou-oog-kinders en God se bruin-oog-kinders. Dit is ’n verhaal wat ons help om te verstaan dat ons álmal deel is van God se storie, maak nie saak hoe ons van mekaar verskil nie. Hierdie boek leer kinders van God – waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is.
En dat ons elkeen vandag ’n stukkie van God se storie kan vertel.

 

“Tinus het die storie van saamwees, soos wat Christene dit behoort te verstaan, pragtig vertel. Net soos wat ons kinders leer van die sleg in wegstoot en apart staan, moet ons hulle leer oor die goedheid van eenwees en om saam te staan. Hierdie boek sal veral vir ouers help wat graag wil hê dat hulle kinders die wonder van eenwees moet verstaan.”
Mvume Dandala – voormalige biskop van die Metodiste Kerk van Suid-Afrika en  voormalige voorsitter van die AACC (All Africa Conference of Churches).

“Hierdie verhaal respekteer kinders se vermoë om die kompleksiteite van die lewe onder oë te neem en daarop te reageer vanuit ’n geloof dat ’n ander wêreld moontlik is.”
Elize Morkel is ’n kliniese sielkundige en het ’n doktorsgraad in teologie.  Sy dien op die moderatuur van die NG Kerk en is die voorsitter van die nasionale taakspan  van die interkerklike Seisoen van Menswaardigheid.

 

72pp

Information

Available in Afrikaans, English, Sotho, Zulu and Xhosa

R50.00

47 in stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop